Namibiese damme saam 70,6% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 70,6 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Sentrale damme is tans 39,8 persent vol teenoor verlede jaar se 57,8 persent dieselfde tydperk. Die Von Bachdam se vlak is op 29,5 persent teenoor verlede week se 30 persent en verlede jaar se 47,9 persent. Die Hardapdam het waterinvloei van 0,190 miljoen kubieke water gehad en is nou 48,8 persent vol, terwyl die Neckartaldam 93 persent vol is, met ‘n verlies van 1,819 miljoen kubieke meter water. Die Oanobdam by Rehoboth is 65 persent vol. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 12,8 persent vol teenoor verlede jaar se 26,3 persent.