Jamaikaanse vroue-atlete is blitsvinnig

Atletiek: Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika het ‘n rekord vyfde 100 meter-titel op die Wêreldkampioenskap in Oregon in die Verenigde State gewen en twee van haar landgenote het by haar aangesluit op die podium. Sy is die eerste atleet wat vyf goue medaljes in ‘n individuele baan-nommer op die kampioenskap wen nadat sy in 10,67 sekondes klaargemaak het. Shericka Jackson het silwer gewen en Elaine Thompson-Herah, brons. Namibiese naelloper Beatrice Masilingi sal môreoggend net na drie-uur saam met Thompson-Herah in die 200 meter-uitdunne te staan kom.