Faksie in Swapo wil Bernadus terug hê

Die Landless People Movement sê hulle het waargeneem hoe ‘n sekere faksie in Swapo, voortgaan om angstige oproepe in die hoofstroom-media te maak, in die hoop om onder andere die LPM-leier, Benadus Swartbooi, te oortuig om terug te keer na Swapo. Die LPM sê Swapo is ‘n party sonder visie wat ‘n gebrek het aan intelligente en revolusionêre versiendheid. Henny Seibeb van die LPM sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie oproepe van Swapo is van ‘n desperate aard en poog om hul voortgesette gesteelde houvas op mag te wettig.