Nuwe wysigings oor bosbrande in Turkye

Die minister van landbou en bosbou van Turkye, Vahit Kirişçi het nuwe wysigings bekendgemaak wat bos- en diereveiligheid sal verseker tot voordeel van boere in dorpe wat deur bosbrande geraak word. Volgens die minister bedreig veldbrande wat deur die gevolge van klimaatsverandering vererger word, die land se grond. Kirişçi sê die nuwe wysigings sal beplanning effektief maak in plant- en diereproduksie deur moontlike risiko’s wat verband hou met die sekerheid van voedselvoorsiening, te verminder. Kirişçi sê diegene wat hul lewens in bosbrande verloor het, sal die status van martelaar kry.