Taliban arresteer bekende Afghaanse onderwys-aktivis

‘n Bekende aktivis is deur die Taliban in Kabul in Afghanistan in hegtenis geneem. Dit volg te midde van die verbod op tienermeisies en vroue wat nie onderrig mag kry nie. Die aktivis, Matiullah Wesa is ‘n bekende aktivis wat hom beywer vir onderwys vir alle kinders. Die Taliban het nog nie enige kommentaar gelewer op sy arrestasie nie. Wesa is een van talle mans en vroue wat in aanhouding is omdat hulle voorspraak maak vir die onderrig van vroue.