Nuwe Wes-Kaapse polisie-ombud goed op dreef

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, sê die nuwe provinsiale polisie-ombud, Oswald Reddy, het diens aanvaar en is hard aan die werk. Die ombud het oor meer as 3 500 sake verslag gedoen sedert die posisie in 2013 geskep is. ‘n Woordvoerder vir Fritz, Wade Seale, sê dit sluit in kwessies rondom stelsels waar hulpbronne nie sinvol toegeken is nie, tot die verbrokkelende verhouding met die polisie. Seale sê Reddy is goed toegerus om dié uitdagings aan te pak.