Nuwe voertuig-verkope styg in Maart

Altesaam 1 054 nuwe voertuie is in Maart 2022 verkoop, ’n styging van 16,1 persent op ‘n jaar-grondslag en 19,4 persent op ‘n maand-grondslag. Dit is die meeste voertuie wat sedert Mei 2019 verkoop is en die eerste keer sedertdien nuwe voertuig-verkope 1 000 eenhede oorskry het. Ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die syfers positief is, gaan ander aspekte ‘n impak op die ekonomie hê.