Russiese magte wil vandag Mariupol oorneem

Russiese magte beplan om vandag van die stad Mariupol beheer te neem. Dit is deel van ‘n reuse-aanslag wat regoor die oostelike deel van die Oekraïne verwag word. Verdedigingsmagte het desperaat probeer om hulle terug te hou. Rusland probeer glo om die besette Krimea met die Moskou-ondersteunde separatiste-gebiede Donetsk en Lugansk in Donbas te verbind. In sy daaglikse toespraak het die President van Oekraïne, Wolodimir Zelensky, sy bondgenote weer vir meer wapens gevra om die stad te verdedig.