Nuwe voëlgriep muteer reeds in China

Gesondheidskenners meen die skielike toename in gevalle van voëlgriep in Chinese burgers bewys weer hoe virusse muteer en meer aansteeklik raak. China het tot dusver 21 nuwe gevalle van die H5N6-virus aangemeld, teenoor net vyf verlede jaar. Terwyl die besmettings baie laer is as die H7N9-syfers wat in 2017 aangemeld is, is die infeksie baie meer ernstig en ses mense is reeds dood. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tot op hede nie rede tot kommer nie omdat H5N6 net oorgedra word na mense vanaf pluimvee en daar is nog nie mens tot mens infeksies aangemeld nie. Die eerste geval is ook in Hongkong bevestig.