Mswati se vergrype moet openbaar word

Die Suid-Afrikaanse burgerregte organisasie, NotInMyName, gaan vandag buite die eSwatini Hoë-Kommisariaat in Pretoria betoog. Hy sê dit is om die menseregte-gruweldade en -skendings in die kollig te plaas wat deur die koning se regime gepleeg word. Die sekretaris-generaal van die organisasie, Themba Masango, sê dit is duidelik die eSwatini-regime is vasberade om burgerregte en die grondwet te ondermyn deur teenstanders te vervolg: