Namcor: ent of werk van die huis af

Die besturende direkteur van Namcor Immanuel Mulunga hou voet by stuk dat werknemers by die staatsbeheerde onderneming ingeënt moet wees om op kantoor te werk. Hy sê werknemers wat verkies om nie die Covid-inenting te neem nie, van die huis af sal moet werk. Sy aanmerkings volg na die werknemers hulle vakbond, die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, aangesê het om op te tree oor die opdrag dat almal teen 19 November ingeënt moet wees. Die vakbond het regshulp ingewin en Namcor moet teen 5 November op ‘n brief van Richard Metcalfe antwoord gee.