Stad Windhoek keur meer bouplanne in Julie goed

Volgens IJG in die hoofstad het Stad Windhoek 211 bouplanne in Julie goedgekeur wat ‘n styging van 77,3 persent teenoor Junie se 119 bouplanne is. Die waarde het met 13,4 persent na 145,6 miljoen Namibiese dollar in Julie vanaf Junie se 128,4 miljoen Namibiese dollar gestyg. Tot dusver vanjaar is 1 388 bouplanne ter waarde van 1,09 miljard Namibiese dollar goedgekeur. Dit is 19,4 persent meer bouplanne en 12,5 hoër in waarde teenoor verlede jaar dieselfde tydperk. Altesaam 73 nuwe residensiële eenhede is in Julie goedgekeur, 22 meer as in Junie. Slegs een kommersiële eenheid, ter waarde van 280 000 Namibiese dollar is in Julie goedgekeur. IJG se junior ekonoom, Kimber Brain, praat met Kosmos 94.1 Nuus.