Nuwe veldtog vir Covid-inenting van stapel gestuur

Die Namibiese gesondheidsministerie het met die ondersteuning van die Verenigde State ‘n opgedateerde webwerf en ‘n sosiale media-veldtog van stapel gestuur wat fokus op die verskaffing van korrekte inligting en die bekamping van fopnuus oor Covid-entstowwe en die pandemie. Aanlyn-platforms soos Facebook, Twitter en Instagram is geïdentifiseer as kragtige beïnvloeders van die publiek, beide op positiewe en negatiewe maniere rakende Covid-19. Met net meer as 28 persent van Namibiërs wat van die teikenbevolking van 70 persent ingeënt is, word Namibiërs steeds aanmoedig om hulle teen Covid te laat inent. Tiffany Miller, die Amerikaanse ambassade se woordvoerder praat met Kosmos 94.1 Nuus.