Lae inentings maak Namibië kwesbaar, ons hoop vir verpligte intentings – Thieme

Namibië ervaar tans ‘n groot toename in nuwe Covid-19-gevalle. ‘n Aantal gevalle van die nuwe variant Omikron is ook in die land bevestig. Soos die norm in ons tyd geword het, sal President Hage Geingob op die 15de Desember die nasie toespreek oor sake wat met Covid-19 verband hou. Daar is groot kommer oor ‘n moontlike streng inperking. Die uitvoerende voorsitter van O&L, Sven Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat hy van die president verwag…