Nuwe raadslede vir Agribank Namibië aangestel

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het nuwe raadslede vir Agribank Namibië aangestel. Die raad sal vir ‘n tydperk van drie jaar dien, effektief vanaf 1 November 2022 tot 31 Oktober 2025. Die woordvoerder van die ministerie van finansies, Wilson Shikoto, maak die raadslede  bekend.