Amerikaanse country-sanger dood gevind nadat hy vermis was

Die Amerikaanse country-sanger Luke Bell het gesterf. Die country-sanger se liggaam is in Tucson, Arizona, gevind nadat hy nege dae gelede as vermis aangemeld is. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Die 32-jarige Bell het bekendheid verwerf terwyl hy op universiteit was, toe hy honkietonk-musiek in ‘n orkes by ‘n plaaslike kroeg begin speel het. Bell het sy eerste album, Don’t Mind If I Do, in 2014 vrygestel, gevolg deur sy selfgetitelde album twee jaar later.