Nuwe pyplyn vir Erongo-watervoorsiening

Die Namibiese minister van landbou het oor die naweek die Kuiseb 2 Schwarzekuppe-Swakopmund pyplyn in gebruik geneem. Die pyplyn koppel die Kuiseb en Omaruru deltas, sowel as water van die ontsoutingsaanleg en bedien die dorpe in die omgewing. Die 76-kilometer pyplyn vervang die oorspronklike een wat in 1974 in gebruik geneem is. NamWater se tegniese spanne het reeds amper 22 kilometer vervang en werk tans aan die volgende 13,2 kilometer. Werk sal teen Maart volgende jaar voltooi wees. Schlettwein sê die nuwe pyplyn sal aan die toenemende vraag aan die kus voldoen en is ook aangepas om water in albei rigtings te pomp sou daar ‘n vloed in die Kuisebrivier voorkom.