El Salvador dalk eerste om Bitcoin amptelik te aanvaar

Die President van El Salvador, Nayid Bukele, sê sy land kan die eerste ter wêreld word wat die Bitcoin-geldeenheid as betaalmiddel aanvaar. Bukele wil ‘n wetsontwerp indien wat volgens hom dié land in Sentraal-Amerika kan transformeer. Hy hoop die stap sal duisende mense by die wettige ekonomie insluit. Sewentig-persent van El Salvador se inwoners beskik nie oor ‘n bankrekening nie en werk in die informele ekonomie. Kenners meen egter vrae bestaan oor die onsekere regstatus van Bitcoin en of dit werklik gewone geld in die daaglikse handel kan vervang.