Lekker groot rugby vandag

Die Reënboogbeker-eindstryd vandag tussen die Bulls en Benetton in Treviso, Italië, sal deur sowat een-duisend-500 toeskouers bygewoon word , iets waaraan die Bulls nie meer gewoond is nie, omdat hulle lanklaas voor ‘n skare gespeel het. Dit is ook tans somer in Europa en die span van Pretoria sal by die weer moet aanpas aangesien hulle uit winter in die Suidelike Halfrond kom. Die president van die Blou Bulle Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus uit Treviso in Italië gepraat.