Nuwe ooreenkoms befonds NHE-behuising

Die Nasionale Behuisings-onderneming, bekend as die NHE, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met Shelter Afrique, ‘n finansiering instansie wat die ontwikkeling van bekostigbare behuising in Afrika ondersteun. Gisbertus Mukulu, die NHE se Hoof Uitvoerende Beampte, sê die tekort aan beskikbare grond veroorsaak ‘n styging in die prys daarvan wat behuising onbekostigbaar maak. Shelter Afrique befonds behuising deur vennootskappe tussen die openbare- en privaatsektor. Navorsing deur die instansie toon dat daar op die vasteland ‘n tekort aan 56 miljoen huise is en teen ‘n koste van ongeveer 372 000 Namibiese doller is daar nie een Afrika-regering wat dit kan bekostig nie en dus is vennootskappe baie belangrik. Die twee organisasies sal voortaan saamwerk.