AA in SA sê brandstofprys kan moontlik daal

Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika voorspel ‘n daling in brandstofpryse volgende maand. Die vereniging het in reaksie op die Sentrale Energiefonds se finale ongeouditeerde verslag vandag, gesê hulle verwag dat die prys van petrol met 13 sent per liter sal daal, diesel met 32 sent en lampolie met 23 sent. Die vereniging sê die wisselkoers het sy versterkende tendens teenoor die Amerikaanse dollar voortgesit en internasionale petroleumpryse het bestendig gebly. Die AA is verder hoopvol dat die onlangse prysstabiliteit op die kort- tot mediumtermyn steeds verdere prysverligting aan brandstofgebruikers sal bied.