Walvisbaai oorweeg nog verwydering van walviskarkas

Die Munsipaliteit van Walvisbaai oorweeg tans maniere waarop die karkas van die blouwalvis van 18-meter vernietig of verwyder kan word. Toeroperateurs op die kusdorp het dit opgemerk waar dit aan die kus dryf waarna dit uitgespoel het. Wetenskaplikes van die Namibiese dolfynprojek sê die dier van 16-ton is dood nadat dit deur ‘n boot getref is wat weggevaar het sonder om dit aan te meld. Sea Search se direkteur, Simon Elwen, sê dit lyk asof die boot die dier teen die sy getref het waarna dit omgerol en die vin ook getref is: