Nuwe Nersa-baas aangestel

Die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, het vir Smunda Mokoena aangestel as voorsitter van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa. Mokoena het meer as 34 jaar se ervaring in mynbou, energie, infrastruktuur ontwikkeling, beleid en ekonomiese regulering. Hy het ook gewerk as die uitvoerende hoof van die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder. Hy is vir vier jaar aangestel.