SAOG hanteer nie eSwatini reg nie – kenner

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het ‘n sending na eSwatini gestuur het in ‘n poging om ‘n oplossing vir die onrus daar te vind. Een persoon is dood en ten minste 80 mense is deur veiligheidsmagte gewond in die jongste vlaag van pro-demokrasie optogte in die koninkryk. Suid-Afrikaanse politieke analis, Charles Sinkala, sê hy is teleurgesteld hoe SAOG-lande die situasie in eSwatini hanteer.