Digitale oorskakeling in SA, kry nou jou dekodeerder

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor doen ‘n beroep op alle huishoudings in die buurland wat kwalifiseer vir hul gratis dekodeerder om daarvoor aansoek te doen voordat die analoog televisie-sein op 1 November afgeskakel word. Alle huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van 3 500 Suid-Afrikaanse rand of minder, en wat ‘n werkende televisiestel het, kwalifiseer vir die dekodeerder wat deur die regering gesubsidieer word. Mense kan by die naaste poskantoor aansoek doen voor die analoogsein afgeskakel word. President Cyril Ramaphosa het vroeër aangekondig die digitale oorskakelingsproses in die land moet teen 31 Maart volgende jaar afgehandel wees.