Nuwe kinderadvokaat gesels oor haar planne

Die nuwe kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman van Namibië, Heather Harker, wil hê kinders moet die kantoor hul eie maak. Harker sal ook dien as die hoof van menseregte en regsdienste binne dié kantoor. Sommige van haar pligte as kinderadvokaat sal insluit ondersoeke na klagtes oor dienste gelewer aan kinders of die skending van kinderregte. Sy wil ook bewustheid oor die Wet op Kindersorg en Beskerming en die belangrikheid van kinderbeskerming in die algemeen te skep. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.