Vier plase in Karasburg-omgewing deur reuse-brand geraak

‘n Veldbrand wat Dinsdag in die gebied van Karasburg ontstaan het, het uiters vinnig versprei en laat Dinsdagnag is daar steeds vir hulp gevra. Volgens die Namibia Mashal Rangers-groep was daar ook verskeie beserings met vrywilligers wat oor klippe geval het. Onbevestigde berigte lui dat vier plase geraak is. Lede van die gemeenskap het ook hul kommer uitgespreek oor veiligheid as gevolg van die terrein en ook dat daar probleme is met kommunikasie omdat selfoon sein plek-plek in die gebied wegraak.