Charles word in Mei ’23 gekroon

Buckingham-paleis het bevestig die kroningsgeleentheid van koning Charles III sal volgende jaar op 6 Mei by Westminster-abdy plaasvind.  Hy sal saam met sy vrou en koningin-gemaal, Camilla, gekroon word. Dit sal die eerste kroningsgeleentheid in byna 70 jaar wees sedert koningin Elizabeth II se kroning in Junie 1953. Die paleis sê die seremonie sal ‘n refleksie wees van die monarg se rol in die hede en vooruitkyk na die toekoms terwyl die geleentheid geanker bly in eeue oue tradisies.