NBC: tekort aan inligting is gevaarlik

Kenners in die media sê dat toegang tot inligting gekompromitteer is met die huidige staking van die NBC. Werkers staak sedert 23 April vir salarisverhogings. Talle landelike burgers maak staat op veral radio om inligting in hulle moedertaal te bekom. Zoe Titus van die Namibiese Mediatrust het haar mening so verwoord.