Nuwe F1 toekenning aangekondig

Formule Een het ‘n nuwe toekenning bekendgestel wat sal gaan aan die bestuurder wat die meeste motors verbysteek tydens ‘n Grand Prix-seisoen. Daar is reeds toekennings vir die vinnigste ronde en die vinnigste kuipe-stop. Formule Een sê in ‘n verklaring die nuwe toekenning het ten doel om bestuurders wat die vrymoedigheid het om te toon hul is nie bang om sukses na te streef nie, se dapperheid te erken. Sebastian Vettel van Aston Martin het tot dusver hierdie seisoen die meeste motors verbygesteek.