IRR braak gal oor voorgestelde sekerheidsfonds in SA

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê hy is sterk gekant teen die groenskrif wat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verlede week gepubliseer het. Hierin word omvattende veranderinge voorgestel vir maatskaplike sekerheid en aftrede. Die Nasionale Maatskaplike Sekerheidsfonds sal werknemers dwing om tussen 8 en 12 persent van hulle salarisse af te staan. Die instituut se woordvoerder, Gabriel Crouse, sê die slagoffers van hierdie fonds sal hoofsaaklik mense wees wat werk en spaar, en die finansiële sektor wat hulle swaar verdiende geld bestuur: