Nuwe Ebola-geval in DRK

’n Nuwe geval van Ebola-virus is in die stad Beni in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo bevestig. Toetse toon die geval is geneties gekoppel aan die 2018-2020 uitbreking in die Noord-Kivu en Ituri provinsies, wat die sterfte van byna 2 300 mense veroorsaak het. Ses mense is verlede jaar in nog ‘n uitbreking dood. In die mees onlangse uitbreking wat in Julie as verby verklaar is, is vyf mense dood. Ebola kan soms dormant in die sentrale senuweestelsel en liggaamsvloeistowwe vir jare bly en ewe skielik opvlam.