Chevron kom ook na ‘mees gesogte’ olie-lisensie

Berigte lui dat die Amerikaanse olie-reus Chevron die meerderheidsaandeel in ‘n eksklusiewe eksplorasieblok net noord van TotalEnergies sal bekom. TotalEnergies se Venus-1 put het onlangs ‘n vonds van 13 miljard vate ru-olie bevestig in blok 2913B. Volgens verskeie bronne is die ooreenkoms amper gefinaliseer. Die blok, wat moontlik 2813 of 2814 is, word beskryf as een van die mees gesogste lisensies in die olie-wêreld. Die Oranje-bekken word al hoe aantrekliker vir olie-eksplorasie sedert beide Shell en TotalEnergies groot vondse bevestig het. Shell se Graff-1 put bevat ongeveer 3 miljard vate.