Boere word herinner oor regulasies oor veilings en oorplaatjies

Die Veeartsenykantoor op Okahandja het veilingshuise daaraan herinner dat alleenlik oorplaatjies wat vooraf gekies is vir veilings, vervoer mag word. Die kantoor sê dit het aan die lig gekom dat dat veilingshuise diere met oorplaatjies wat nie op die lys is nie, aanvaar en verkoop. Dit is teenstrydig met die regulasies. Diere se oorplaatjies wat nie op die veilingslys is nie, is ook nie op die vevoerpermit nie en dus is die vervoer van die diere onwettig. Veilinghuise kan hul lisensies verloor sou hulle skuldig bevind word aan so oortreding.