Nuwe Covid-tendens sluit aanlyn-inkopies in

Covid-19 het aanlyn-kruideniersinkopies in Suid-Afrika versnel. Voor die pandemie het baie mense geglo aanlyn-inkopies is ‘n luukse. Daarom het kleinhandelaars en verbruikers stadig aangepas en langtand begin deelneem aan hierdie manier van kruideniersware koop. Baie van die land se grootste kruidenierswinkels is nou aanlyn en jou kruideniersware kan met net ‘n paar klikke voor jou deur afgelewer word. Die Hoofbestuurder van Bemarking by Checkers, Willie Peters sê die inperking het ‘n hele nuwe stroom aanlyn-kopers in die land tot gevolg gehad en dit het hulle gehelp om hulle Sixty60-afleweringsdiens van stapel te stuur: