Meer Namibiërs jaarliks honger

Die Verenigide Nasies sê ‘n verdere 20 miljoen mense regoor die wêreld sal vanjaar voedselhulp benodig teenoor die 135 miljoen wat verlede jaar, en steeds, bystand benodig. In Namibië is net minder as 20 persent van die bevolking, 441 000 mense, voedsel onseker. Behalwe vir klimaatskokke, het onderbrekings as gevolg van die Covid-pandemie bygedra tot voedseltekorte wêreldwyd. Die VN sê die getal van 155 miljoen mense wat bystand benodig, is die hoogste in 5 jaar met Afrika wat 63 persent van die totaal uitmaak. Die VN sê amper 27 persent van Namibiërs lewe in armoede en twee jaar gelede, was 430 000 Namibiërs voedsel onseker. In 2015 was die getal op 370 000 beraam. Tydens sy Staatsrede het President Hage Geingob gesê die regering bestee ongeveer 6 miljard Namibiese doller jaarliks op maatskaplike toelae. Helfte van die skoolgaande kinders in Namibië, net meer as 400 000, maak staat op die skoolvoedingsprogram vir ‘n daaglikse ete.