Nuwe Brasiliaanse President bring hoop vir Amasone

Die skuilingsbewonersbeweging, Abahlali baseMjondolo, is verheug oor die inhuldiging van die nuwe President van Brasilië, Lula da Silva. Volgens hulle bring sy terugkeer na die presidentskap hoop vir die armes en uitgeworpenes in Brasilië ná, wat hulle beskou as, verskriklike jare onder die voormalige President, Jair Bolsonaro. Da Silva sal waarskynlik ook weer hoop vir die Amasone bring. Die woordvoerder van Abahlali baseMjondolo, Thapelo Mohapi, sê nes baie van sy lede, is Da Silva in ‘n arm landelike gesin gebore en het hy as kind na ‘n skuiling in ‘n stad verhuis.