Fifa vra alle lande om sokkerstadion na Pele te vernoem

Sokker: Fifa gaan al die lande van die wêreld vra om ‘n stadion na die Brasiliaanse sokkerlegende, Pele te vernoem. Dit is deur die hoof van die sokker-beheerliggaam, Gianni Infantino, by die ontslape ikoon se nagwaak aangekondig. Pele, wat algemeen bestempel word as die grootste sokkerspeler van alle tye, is Donderdag in die ouderdom van 82 oorlede, ná ‘n kankerstryd. Hy is die enigste speler in die geskiedenis wat drie Wêreldbeker-toernooie gewen het. Die nagwaak word vandag opgevolg deur ‘n begrafnisstoet deur die strate van Santos, met ‘n private begrafnis daarna.