Nederlandse man sterf ná ongeluk met sweefski-plank in Kaapstad

’n Nederlandse man is dood nadat sy sweefski-plank deur die wind opgelig en etlike meters verder in die parkeerterrein by die Sunrise Circle-strand in Muizenberg neergestort het. Die 33-jarige man is na wat berig word van Nederland afkomstig, maar het die afgelope jare in Suid-Afrika gewoon. Hy is op die toneel deur noodwerkers behandel, en vandaar in ‘n hospitaal in Kaapstad opgeneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het. Sy liggaam is vir forensiese ondersoek verwys. Die Muizenberg-polisie ondersoek die voorval.