Nuwe bloubessie-pakhuis in Wes-Kaap

Een van die grootste produsente en uitvoerders van bloubessies in Suid-Afrika sê ‘n pakhuis in die Paarl in die Wes-Kaap wat binnekort in gebruik geneem word, sal vir produsente baie beteken. Die pakhuis sal die eerste ten volle onafhanklike, spesiaal-ontwerpte bloubessie-pakhuis in die land wees. ‘n Woordvoerder van Rainbow Superfood, Tiaan Rossouw, sê die pakhuis het ‘n unieke sorteerband wat 1 500 ton bessies ‘n maand kan verwerk en sal sodoende Suid-Afrika se produsente in staat stel om die hele bloubessie-waardeketting te beheer.