Swartpoot-wildekat kry kleintjies

Een van die swartpoot-wildekatte wat in die suide van Namibië bestudeer word, het klein katjies gekry. Veldnavorser Ndele Shipala van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit-navorsingsentrum, het die katjies gesien. Tot dusver kon hy twee kleintjies sien. Die kat is die vierde kat wat met ‘n nekband vir navorsing toegerus is. Sy is as Auas gedoop en vernoem na hul voertuigborg, Auas Motors. Swartpoot-wildekatte is die kleinste en van die skaarste katte in Afrika. Prof. Morgan Hauptfleisch van Nust vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.