Nuwe bloedtoets kan kanker opspoor

Britse dokters sê ‘n nuwe bloedtoets vir kanker verander alles nadat ‘n proefneming tientalle ongediagnoseerde kankergevalle in ‘n vroeë stadium gevind het. The Good News Network berig die Galleri-toets wys verskillende soorte kanker-DNS in die bloed uit. Die toets identifiseer kanker in baie vroeër stadiums en dui aan waar in die liggaam om daarvoor te soek. ‘n Direkteur van Kankernavorsing VK, Naser Turabi, sê bloedtoetse vir veelvuldige soorte kanker is voorheen beskou as wetenskap-fiksie, maar die navorsing lyk belowend.