Action SA: Neem beheer oor inlywingskole

ActionSA in die Oos-Kaap sê die provinsiale departement van gesondheid, die Huis van Tradisionele Leiers, wetstoepassingsagentskappe en alle ander belanghebbendes soos die gesinne van inlywings-kandidate moet meer gesamentlike verantwoordelikheid neem om beheer uit te oefen oor inlywingskole en om enige lewensverlies te voorkom. Dit volg nadat 34 sterftes reeds tydens die huidige somer-inlywingseisoen aangemeld is. Athol Trollip van ActionSA sê slegs ‘n poging tot samewerking tussen alle belanghebbendes sal uiteindelik dié onnodige sterftes stopsit.