Numsa vra vervoerminister om in te gryp by bus-onderneming

Numsa doen ‘n beroep op die minister van vervoer, Fikile Mbalula, om in te gryp by die huidige dooiepunt by die bus-onderneming Putco. Die vakbond sê die departement kan nie voortgaan om ‘n busmaatskappy te betaal en te subsideer nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Putco is gekant teen die werkers, krities oor die vakbond en uiters selfsugtig. Sy sê dis duidelik senior bestuur wil elke rand en sent van die kontantvloei in hul sakke steek en niks met die werkers deel nie.