NDF sê rekrute moet betyds aanmeld

Die Namibiese weermag het bevestig dat sowat 1 500 rekrute vanaf vandag tot Vrydag by die die Osona-weermagbasis, naby Okahandja aanmeld om met hul opleiding te begin. Verskeie kandidate op die kortlys is vir offisierskadet-poste vir leierskap geoormerk. Offisiers-kadette sal vir 18 maande opgelei word. Diegene wat vir ‘ander geledere’ gekies word, sal vir nege maande opgelei word. Die laaste keer dat die NDF nuwe lede gewerf het, was in 2016. Die voorsitter van die werwingsbeplanningskomitee, generaal Fillemon Shafashike gesels met Kosmos 94.1 Nuus.