Numsa verwelkom ooreenkomste in twee groot sektore in SA

Numsa sê die amptelike afkondiging van die hoofooreenkomste in die ingenieurswese- en plastieksektore in Suid-Afrika is ‘n oorwinning vir sy lede. Die metaalwerksvakbond sê hy het daarin geslaag om verhogings te onderhandel, ná ‘n staking in Oktober verlede jaar. Die arbeidsminister, Thulas Nxesi, het die metaalbedryf se kollektiewe hoofooreenkoms in die staatskoerant afgekondig en uitgebrei. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond loof die vasberadenheid van sy lede om hulle arbeid vir drie weke te weerhou, wat daartoe gelei het dat die bestuur die loonverhogingsooreenkomste onderteken het: