Grond: Dorpsrade sit die pot mis, sê goewerneur

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek het ‘n beroep op die Otavi dorpsraad gedoen om bekostigbare grond beskikbaar te stel deur die streek se versnelde grondleweringsprogram. James Uerikua sê munisipaliteite mis dikwels die punt deur grond in inkomstegenererende projekte te omskep, wat dit vir die meerderheid onbekostigbaar maak. Uerikua sê die bekostigbaarheid van grond is uiters belangrik en kan vir dorpsrade vir jare inkomste bring.