Novak vat sy 90ste ATP-titel

Novak Djokovic het sy 90ste ATP-titel opgeraap nadat hy Stefanos Tsitsipas in die eindstyd van die Astana Ope in Kasakstan geklop het. Die Serwiër het sy Griekse teenstander met 6-3 en 6-4 verslaan om sy vierde titel hierdie seisoen op toer-vlak te buit. Die oorwinning verseker die 21-malige grand slam-kampioen ‘n plek in die ATP-finaal in Turyn. Djokovic, wat na sy oorwinning op Wimbledon byna drie maande lank nie gespeel het nie, sê die onderbreking het hom honger gemaak om meer sukses te behaal: