Numsa veroordeel ANC oor kragkrisis

Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel die ANC-regering omdat hulle geweier het om beslissend op te tree om die kragkrisis wat die land tans in die gesig staar, te hanteer. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die land sukkel die afgelope paar dae met onophoudelike fase ses en vyf-beurtkrag. Volgens Hlubi-Majola verwerp Numsa met minagting die flou verskoning wat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, oor beurtkrag aangebied het.