Numsa vergader oor staking

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, hou vanmiddag ‘n nuuskonferensie in Boksburg, Gauteng, om die besluit oor die staking in die ingenieursbedryf bekend te maak wat op ‘n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee geneem is. Die staking duur reeds sestien dae. Die komitee het beraadslaag oor die finale aanbod van die werkgewers-liggaam, SEIFSA, vir ‘n verhoging van ses persent gegrond op die minimum-vergoeding. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond sal die finale besluit oor die aanbod en die staking uiteensit.